Groot aardbewing skud aarde uit “sluimering”

Santa Cruz-eiland

Die aardbewing van 8 op die momentmagnitudeskaal wat die Santa Cruz-eilande noord van Australië vanoggend vroeg geskud het, was die sterkste tot dusver vanjaar. Tot voor dié bielie was die aarde vanjaar baie stil wat sterk aardbewings betref, met skuddings in Alaska en Japan die uitsonderings.

Dié aardbewing volg net 4 dae na ‘n skudding van M 6,9 op die Japannese eiland, Hokkaido.

Die skudding van M 8 was boonop betreklik vlak, 28,7 kilometer, en volgens berigte is verskeie dorpe verwoes. Nog geen berigte van ongevalle is ontvang nie. ‘n Tsunami-waarskuwing, wat nie veel opgelewer het nie, is ook uitgereik.

Dié groot skudding is ‘n klassieke voorbeeld van verskeie voorafskokke waarvan sommiges heelwat sterker was as dié wat in die 60-gerjare soveel verwoesting by Tulbach en omstreke aangerig het, terwyl ‘n groot aantal baie sterk naskokke ook voorgekom het. Die meeste voor- en na-skokke se episentrum was veel vlakker as dié van die grote.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.