Groot beloning om polisiemoordenaars te vang

ʼn Metropolisiebeampte van Kaapstad is Woensdag doodgeskiet en Patricia de Lille, die burgemeester, ʼn het groot beloning uitgereik om die skuldiges te vang.

Seniorsuperintendent Mpumelelo Hubert Xakekile (50) is Woensdag in Khayelitsha geskiet. Hy was omstreeks 18:30 besig om boetes uit te reik toe twee mans op hom losgebrand het. Xakekile is op die toneel dood. Hy het 10 jaar vir die metropolisie gewerk.

De Lille het haar meegevoel aan sy familie en kollegas betuig. “Ons bied ʼn beloning van R50 000 aan vir enige inligting wat tot die suksesvolle inhegtenisname van die skuldiges lei,” het De Lille gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.