Groot beloning vir die lewe van man wat Islam-video maak

Beeldmateriaal uit die YouTube-video, Innocence of Muslims

ʼn Beloning van $100 000 is uitgereik vir die lewe van die persoon wat ʼn YouTube-video, wat gekskeer met die profeet Mohammed, gemaak het. ʼn Pakistanse minister het Saterdag dié beloning van nagenoeg R830 000 aangebied.

Verskeie mense is reeds dood as gevolg van gewelddadige betogings wat regoor die wêreld gehou is sedert die video, Innocence of Muslims, sy verskyning gemaak het.

ʼn Groep mense, waaronder agt Suid-Afrikaners, is Dinsdagoggend ná ʼn selfmoordbomaanval in Kaboel, Afghanistan, dood.

“As iemand dié godslasteraar, wat die heilige profeet misbruik het, vermoor, gee ek daardie persoon ‘n beloning van $100 000,” het Ghulam Ahmed Bilour, die land se minister van spoorweë, in Peshawar gesê. Hy het ook die Taliban en Al-Kaïda genooi om by die “edele daad” betrokke te raak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.