Groot diefstalsaak het moontlik ’n Gupta-skakel

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie het ’n luukse huis in Umhlanga Rocks, noord van Durban, wat aan die Gupta-familie behoort, gefynkam op soek na gesteelde rekenaarvoorraad, het The Star Vrydag berig.

Agt mense, waaronder ’n bestuurder van Sahara Computers, is Dinsdag in hegtenis geneem en word daarvan verdink dat hulle beplan het om voorraad ter waarde R250 000 van Syntech, ’n rekenaarhardewareverskaffer, wou steel. Sahara Computers behoort ook aan die Gupta-familie.

’n Woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Natasha Ramkisson, het aan The Star bevestig dat die agt mense reeds Donderdag in die landdroshof in Pinetown verskyn en op borg vrygelaat is.

’n Woordvoerder vir die Gupta-familie het Vrydag vir Sapa gesê dat hulle van een van hul werknemers gehoor het dat die Sahara Computers-bestuurder in hegtenis geneem is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.