Groot dors lê voor

waterTeen 2015 sal meer as die helfte van die geraamde wêreldbevolking van 9,7 miljard in streke met watertekorte woon.

Die hoogaangeskrewe Massachusetts Institute of Technology (MIT) het ‘n baie gevorderde rekenaarprogram ingespan on modelle te ontwikkel wat bevolkingsgroei, en ook klimaatsverandering in ag neem.

Ofskoon die reënval in Indië, waar watertekorte reeds plek-plek voorkom, na verwagting gaan toeneem, sal die aanwas vinniger wees en die tekorte sal nie deur die verwagte hoër reënval uitgewis word nie. Ook ekonomiese groei in streke sal die druk op beskikbare waterbronne verhoog.

Die navorsers wil die rekenaarmodel nou verfyn om meer gedetailleerde voorspellings per streek te kan maak.

Die MIT se mediaverklaring kan hier gelees word, en die volledige verslag hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.