Groot Gat-hond maak goeie vordering; aansoeke vir aanneming ontvang

Foto: ER24EMS

Foto: ER24EMS

‘n Video-onderhoud met ao John Seeley volg onderaan die berig. Die hond wat Saterdag gered is nadat sy bykans ʼn week gelede in die Groot Gat by Kimberley geval het, sterk aan by die veeartsenykundige kliniek van die dierebeskermingsvereniging (DBV).

“Sy is veilig, maar uitgeput,” het ʼn woordvoerder van die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) bevestig. “Sy ontvang tans binne-aarse medikasie en die veearts hou haar dop.”

Ao John Seeley van die polisie se soek- en reddingseenheid en die span van ER24 het tot die hond se redding gekom nadat hulle van haar penarie uitgevind het. Verskeie reddingspogings is sedert Vrydag aangewend, maar sy was Saterdag net ná 12:00 uiteindelik veilig op droë grond. Kurt Darren en sy vrou, Dunay, het vir ʼn helikopter betaal wat Saterdagoggend gepoog het om die hond te red.

“Ons het meer as 100 aansoeke ontvang van mense wat haar wil aanneem,” het Mario van der Westhuizen en Clive McMillan van die DBV, wat op die toneel was, gesê. “Alle aansoeke sal nagegaan word en die beste huis sal vir haar gekies word.”

Daar was glo selfs aansoeke uit Kanada om die hond aan te neem.

Lees ook:
Groot Gat-hond is gered!
Groot Gat-hond: Reddingspoging duur voort
Kurt Darren kom moontlik tot hond se redding
Reddingspoging ná hond in Groot Gat beland

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Deana ·

Ek dink almal van ons is aangegryp deur hierdie reddingspoging en kan nie genoeg ons dank betuig teenoor diegene wat betrokke was en steeds is.

Teleurstellend dat die eienaar nog nie na vore gekom het nie.

Joma ·

Ek stem saam, maar die eienaar is dalk bekommerd dat hy die helikopter terug moet betaal. Die belangrikste is dat Kaptein gered is en deur soveel wonderlike mense! Harte is nog op die regte plek!

EyesEars ·

Just a very big Thank You to EVERYONE involved with the rescue operation. Even to Kurt and his wife who at least also tried in their own way.

How about throwing a big and thick piece of foamalite on the water. This foamalite can also be a saving grace for a next possible victim, be it human or animal. Not the most fancy thing thing to see with tourism (which is understood), but I would reckon the most practical as a possible preventative drowing measurrement.

Nita Faber ·

Baie dankie vir al die wonderlike mense wat gehelp het. Diere is so afhanklik van die mens. Ek is so bly vir die mooi uiteinde. Kan nie help om te wonder waarom die eienaar van die hond so skaam is dat hy/sy nie na vore kom nie. Ons mense wat honde ken, weet hoe impulsief diere optree en daarom verstaan ons. Moenie sooo skaam wees nie – dit kon enigeen se hond gewees het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.