Groot Gat-hond: Redder nou haar baas

Kimberleigh kort nadat sy uit die Groot Gat gered is. Foto: ER24

Kimberleigh kort nadat sy uit die Groot Gat gered is. Foto: ER24

Ao. John Seeley het die hond wat hy verlede week uit die Groot Gat in Kimberley gered het wettiglik aangeneem, het die Nasionale Dierebeskermingsvereniging Saterdag gesê.

Marius van der Westhuizen, inspekteur by die DBV, sê die hond se eienaar, Chris Baadjies, het die hond aan die DBV geskenk waarna sy deur Seeley aangeneem is. Baadjies het die week ʼn opskudding veroorsaak toe hy beweer het dat die hond, wat volgens hom Gigi heet, aan hom behoort. Die DBV en Baadjies het intussen ʼn ooreenkoms bereik waarna Seeley die hond aangeneem het. Volgens Seeley sal sy nou Kimberleigh heet. Seeley van die polisie se soek- en reddingseenheid en die span van ER24 het tot die hond se redding gekom nadat hulle van haar penarie uitgevind het. Verskeie reddingspogings is sedert verlede Vrydag aangewend, maar sy was Saterdag net ná 12:00 uiteindelik veilig op droë grond. Sy is hierna Kaptein Seeley gedoop. Die sanger Kurt Darren en sy vrou, Dunay, het vir ʼn helikopter betaal wat Saterdagoggend gepoog het om die hond te red. Die DBV het meer as ʼn 100 aansoeke gekry van persone wat Kimberleigh wou aanneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.