Groot Gat-hond: Reddingspoging duur voort

Die hond in die Groot Gat by Kimberley Foto: ER24, Facebook

Die hond in die Groot Gat by Kimberley Foto: ER24, Facebook

Reddingspogings duur Saterdag voort om ‘n hond te red wat ‘n paar dae gelede in die Groot Gat by Kimberley beland het.

‘n Helikopter het Saterdagoggend omstreeks 07:00 opgedaag, maar die tou was te kort om by die hond uit te kom. Andre Botha, een van die ooggetuies op die toneel, het gesê daar word intussen ander planne beraam. Hy het op Twitter bevestig dit is nie moontlik om kos by die hond uit te kry nie, maar dat die hond nog steeds “baie sterk” lyk.

Die sanger Kurt Darren en sy vrou, Dunay, het Vrydag aangebied om vir die helikopter te betaal nadat vorige pogings, om die hond te red, misluk het.

Volgens Botha is ao. John Seeley, wat die reddingspoging lei, uiters bekwaam en “die regte man vir die pos”.

Lees ook:
Kurt Darren kom moontlik tot hond se redding
Reddingspoging ná hond in Groot Gat beland

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Elize Mans ·

Dankie Kurt,dat jy help,om die hond te red.Ek wonder hoe lank die arme hond al daar in daardie gat is.Maar gelukkig het die storie darem n gelukige einde.

burrie du toit ·

Dis fantasties wonderlik dat julle probeer om die hond te red! Ek bid dat julle pogings sal slaag. Burrie du Toit

Justi ·

Dis pragtig van mense om uit hul pad te gaan om die hond te red. Hoop die poging slaag.

babe ·

Wie se dat die hond se eienaar nie dalk in daai gat in geval het en dalk dood is nie??? Daai gat is toe en n hond is nie dom nie hy gaan nie agter dassies hardloop en in n gat beland nie!! Kimberley se gat is dan behoorlik toe, en daar is staan plek vir die hond maar tog gaan hy terug in die water in!!

Eben ·

Soe Babe … nou raak jy n punt aan wat ek/ons nie aangedink het. En juis in die lig dat Labradors slim honde ook is. Aan die anderkant is dit ook groot nuus in Kimberley, hoekom het die eienaar of familie nog nie na vore gekom?

Sien geweldig uit na die berig wat hond gered is …..

arjan ·

Zelfs in Nederland leven we mee met die hond, er wordt geld ingezameld voor een reddingsboot die vanuit de helicopter kan neerdalen in Kimberley’s hole.
Hond in boot lokken met vers braaivleis en knuffelen, vertrouwen winnen . Daarna hond in mand optakelen in heli en die story heeft een gelukkig einde.
Hond daarna wel leren dat ie het nooit meer mag doen !!

succes en toitoi !

Deana ·

Volksblad ‏@volksbladnuus 3m
RT @charnekemp: #underdog Hond is bo reeds in DBV bakkie, lyk meer na boerboel

Reply
Retweet

Favorite

More

Expand

HY IS GERED. Dankie tog en soveel dankie’s vir die manne.

Andre Botha ‏@AndreBotha6 4m
@volksbladnuus #Underdog Hulle is bo!!! pic.twitter.com/VhY29A2GA6

Retweeted by Volksblad

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.