Groot hofsaak teen myne

Argieffoto

‘n Hofsaak is namens 17 000 voormalige myners teen 30 goudmyne aanhangig gemaak. Die myners beweer hulle het silikose opgedoen terwyl hulle in die myne gewerk het.

Silikose is ‘n ongeneeslike longkwaal wat deur die inaseming van stof met kristallyne silika van gouderts veroorsaak word. Die myners van Suid-Afrika, Botswana en Lesotho word in dié hofsaak deur prokureur Richard Spoor bygestaan, berig SABC. Spoor sê hy het sowat 500 klaers maandeliks bygekry.

SABC berig Anglo-Gold Ashanti, Harmony Gold en Anglo American se Suid-Afrikaanse eenheid is onder die 30 myne wat gedaag word. Die myne sal vir nalatigheid in gesondheid en veiligheid aanspreeklik gehou word. Die skadevergoeding wat geëis word, kan reusagtig wees, in ‘n tyd wat Suid-Afrika se mynbedryf met verhoogde krag- en loonkoste en gewelddadige stakings sukkel, het die SABC berig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.