Groot kans vir jong wetenskaplikes

Lee Berger

Lee Berger

‘n Uitnodiging is aan jong wetenskaplikes gerig om betrokke te raak by die uitkenning en beskrywing van fossiele wat onlangs deur die Rising Star-projek uit ‘n grot by Sterkfontein gehaal is.

Meer as ‘n duisend brokkies fossiele van vroeë mense is uitgehaal, en moet nou bestudeer word. “Hoewel die jong navorsers onder die toesig van ervare mentors sal werk, sal die wetenskaplike publikasies wat voortspruit, onder hul eie name verskyn,” sê prof. Lee Berger van Wits, wat veral bekendheid verwerf het met die ontdekking van sediba in dieselfde omgewing.

Dié publikasies sal, volgens Berger, hoë impak publikasies wees.

Berger wys daarop dat nog baie fossiele uitgehaal moet word. Die huidige voorbeelde is uit ‘n plek gehaal wat ongeveer so groot soos die helfte van ‘n ontbyttafel is, en net enkele sentimeters diep. Die span wat die fossiele herwin het, het daaronder reeds ander fossiele bemerk. Dit word reeds as een van die rykste areas van menslike fossiele beskou.

Die volledige artikel in Popular Archaeology kan hier gelees word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.