Groot ketting beseer man op skip

ʼn Man het ernstige beserings opgedoen nadat ‘n groot ketting hom Maandagmiddag op ʼn skip in die Durbanse hawe getref het.

“Volgens ooggetuies was die man op die romp van die skip toe ʼn groot ketting, wat van ʼn hyskraan gehang het, hom getref het,” het Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare911, gesê.

“Dit was ʼn moeilike reddingsproses en paramedici moes versigtig op die romp beweeg. Die man het erge pyn gehad en is op ʼn spesiale draagbaar geplaas. Hy is daarna met ʼn hyskraan van die skip af gesak. Hy is na die Netcare St Augustine’s-hospitaal geneem vir verdere behandeling,” het Botha gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.