Groot ondergrondse meer in Kenia gevind

Foto: Unesco

Foto: Unesco

Ruimtetegnologie is ingespan om ‘n groot ondergrondse meer in ‘n barre en armoedige deel van Kenia te vind.

Dié meer se water is boonop vlak onder die oppervlak, en bevat 200 tot 250 miljard kubieke meter water – of te wel 25 keer soveel water as Loch Ness. Dit word weer teen ‘n tempo van 3,4 miljard kubieke meter per jaar aangevul.

Dit is genoeg water om die hele Kenia dekades lank mee te voorsien. Vir die droë Turkana-gebied waar dit gevind is kan dit ‘n enorme voordeel inhou – mits die strydende stamme nie daaroor haaks raak nie. Die owerheid van Kenia en Unesco het die firma Radar Technologies International (RTI) aangestel om te kyk of hulle nie water in dié warm, droë streek kan vind nie. Hulle het deur die WATEX-tegnologie die gebied gevind en in kaart gebring. WATEX kombineer satelliettegnologie, radarbeelde en geografiese en klimatologiese data om te bepaal wat onder die grond kan wees. Die tegnologie is oorspronklik gebruik om minerale te soek, maar word al hoe meer ingespan om waterbronne te soek. Dit is reeds in Angola, Afganistan en Darfoer ingespan, onder meer om vlugtelinge van water te kan voorsien.

Beeld voorsien deur Unesco

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Henrietta Klaasing ·

MITS … altyd ‘n MITS in Afrika … die Kongo – rivier is die grootste rivier in Afrika, in staat om genoeg elektrisiteit vir die HELE Afrika op te wek MITS … dieselfde redes – ek is nie ‘n Afrika -pessimis, bloot ‘n REALIS. Afrika het meer grondstowwe as wat die VSA gehad het, en kyk hoe lyk hul “in vergelyking” .

H J Bester ·

Dit is ongelukkig so dat die Afrikane nog nie die volle potensiaal van hul kontinent kon ontwikkel nie – die rede daarvoor is dat hulle hulself ook nog nie toegelaat het om verder te ontwikkel nie en te veel klou aan tradisies, outydse gebruike en allerhande middel-eeuse mitologieë.

Die moderne siening van die Afrikane is om kolonialisme te blameer vir Afrika se “agterstand” in ontwikkeling wat natuurlik ‘n klomp snert is want Afrika het lank voor kolonialisme reeds agter begin geraak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.