Groot opwinding in Vryburg

1185823_10153210105430454_632031029_nAfriForum het hierdie week Vryburg in Noordwes in AfriForum-wêreld omskep.

Vryburg is vanjaar tydens die Eerste Nasionale Takkongres in Pretoria aangewys as die tak wat die afgelope twee jaar die beste presteer het. “AfriForum se lede bly egter ons krag en ons mandaat – hoe meer mense uit die gemeenskap ons ondersteun, hoe beter kan ons die gemeenskap ondersteun,” het Ian Cameron, AfriForum se organiseerder vir Noordwes gesê. “Die doelwit vir die week is om Vryburg se ledetal tot by 1 000 op te stoot sodat ʼn verteenwoordiger vir die dorp aangestel kan word om aksies te voer en probleme met plaaslikeregeringsake, omgewingsake en gemeenskapsveiligheid aan te pak.”

Die week het afgeskop met ʼn sakeontbyt waar Dirk Hermann die spreker was. Die nuwe radionetwerk om Vryburg-buurtwag by te staan is in gebruik geneem, selfverdediging-opleidingsessies is aangebied, die konsentrasiekampbegraafplaas is herstel en die strate van Vryburg is opgeruim.

AfriForum bederf Vryburg boonop vanaand, 5 September 2013, vir die eerste keer in dié landboudorp se geskiedenis met ʼn filmpremière. Die nuwe Afrikaanse film, “Musiek vir die agtergrond”, begin eers in Oktober op Suid-Afrikaanse grootskerms draai, maar word spesiaal by ʼn glansgeleentheid aan die inwoners van Vryburg vertoon. Die film spog met ʼn sterbelaaide rolverdeling met onder andere John-Henry Opperman, Brümilda van Rensburg, Ian Roberts en Terence Bridgett, wat ook die geleentheid sal bywoon.

Jakkie Louw kom vermaak ook die gemeenskap met ʼn vertoning Saterdagaand 7 September.

Almal is welkom om vanaand se première by te woon. Kaartjies is beperk, en diegene wat nie die geleentheid wil misloop nie, moet “Fliek” SMS na 31336 (ʼn SMS kos 50c) om kaartjies te bespreek of kan kaartjies koop by Kotzé Low Swanepoel Ing. Skakel met hulle by 053 927 3964 of De Kockstraat 14. Kaartjies kos R50.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.