Groot skade na voertuig op spoorlyn beland

ʼn Bakkie het Donderdagoggend omstreeks 04:30 op die Metrorail-spoorlyn beland en tot so mate skade aan die oorhoofse drade veroorsaak dat twee spoorlyne gesluit moes word.

“Die voertuig was glo van Boksburg na Germiston onderweg toe die voorval plaasgevind het,” het Tony Games, woordvoerder van Metrorail, gesê. “Die twee spoorlyne wat hierdeur geraak word is tussen Ravensklip en Knights-stasie in Johannesburg.”

Volgens Games is treine van Pretoria en Leralla/Tembisa na Johannesburg tot twee ure lank vertraag.

“Die bakkie is intussen verwyder, die bestuurder was alleen in die voertuig en het geringe beserings opgedoen,” het Games bygevoeg. “Die tegniese span is reeds op die toneel en na beraming sal die herstel van die spoorlyn R80 000 beloop.”

Volgens Games sal dei tegniese span poog om die herstelwerk reeds teen Donderdagmiddag voor spitstyd af te handel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.