Groot skikking ná werktuigkundige arm verloor

geld 2ʼn Voormalige werktuigkundige van Ivory Park, oos van Johannesburg, is ʼn tussentydse skikking van R1.29 miljoen toegestaan nadat hy sy linkerarm verloor het toe die polisie hom geskiet het, het The Star Dinsdag berig.

Ntantise Daniel Taliwe (37) het dié skikking met die polisie bereik nadat hy aanvanklik R10 miljoen se skadevergoeding geëis het.

Volgens die berig het die saak nooit in die hof voorgekom nie, aangesien die minister van polisie in sy amptelike hoedanigheid aanspreeklikheid erken het.

Taliwe is op 19 Augustus 2004 geskiet terwyl hy saam met drie vriende aan ʼn enjin gewerk het. Skote is gevuur waarna sy vriende weggehoordloop het, maar ʼn koeël het Taliwe in sy rug getref. Die koeël het tot in die linkerkant van sy bors beweeg en ʼn aar beskadig.

Hy moes ʼn operasie ondergaan om bloedsirkulasie na sy linkerarm te herstel. Hy het daarna gangreen opgedoen en moes ʼn tweede operasie ondergaan om sy linkerarm bo die elmboog te amputeer.

Aangesien hy nie meer kon werk nie, het hy die skikking ontvang vir die verlies van inkomste en toekomstige inkomste, asook skadevergoeding.

Volgens die koerant het die polisie geen rede verskaf vir die skietery nie.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Vas Vat ·

Goedso,dit sal hulle leer om nie wild en wakker te skiet nie.

Trippie ·

Om watter rede het die polisie net geskiet ?

“Trigger happy” ?

HELENA SEABORNE ·

en so mut die taxpayers alweer opdok omdat die polisie k@k aanjaag. story of our lives

Naal de Koker ·

Helena, presies my argument ook. Dis maar die wet van Transvaal, ne!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.