Groot tekort aan onderwysers in Oos-Kaap

Oos-Kaapse skole het met ‘n groot tekort aan onderwysers met die tweede termyn van dié skooljaar begin.

Mthunywa Ngonzo, onderwysdistriksdirekteur van Cofimvaba, het volgens Dispatch Online verlede maand ‘n memorandum aan beamptes gestuur waarin hy aanvoer dat meer as 500 onderwysers vanjaar bedank het, dood is, of afgetree het. Volgens die memorandum sal die onderwysdepartement slegs 380 onderwysers aanstel. “Van 18 Maart af het die departement ‘n totaal van 570 poste beskikbaar.”

Loyiso Pulumani, provinsiale woordvoerder vir onderwys, het aan die Daily Dispatch bevestig dat hy bewus is van die memorandum, maar dat enige verdere navrae na Ngonzo verwys moet word. Ngonzo kon egter intussen nog nie kommentaar lewer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.