‘n Lokprent vir die film volg onderaan die berig. Die Suid-Afrikaanse rolprent, Fanie Fourie’s Lobola, het ‘n toekenning by die grootste filmfees in Amerika ontvang.
Die rolprent het die gehoortoekenning by die Seattle International Film Festival ontvang, het die SAUK Dinsdag berig. Dié filmfees duur 25 dae lank en word deur meer as 400 internasionale rolprentvervaardigers, akteurs en bedryfsbeamptes bygewoon. Die rolprent het dieselfde toekenning by Sedona International Film Festival in Arizona en die Jozi Film Festival ingepalm.
Die rolprent handel oor ‘n paartjie, ‘n Afrikaanse man en ‘n Zulu-vrou, wat verlief raak en hul verhouding deur die gekompliseerde proses van lobola moet stuur. Lobola is die betaling deur die bruidegom aan die bruid se familie deur middel van geld of vee.
Henk Pretorius is die regisseur en Zethu Dlomo en Eduan van Jaarsveld het die hoofrolle vertolk. Chris Chameleon en Marga van Rooy is ook in dié rolprent te sien.
-SAPA
Dit is wel snaaks maar grillerig. Ek sal dit nooit weer kyk.