‘Groot verbetering in Mandela se toestand’

Foto: Werner Beukes/SAPA

Oudpresident Nelson Mandela se toestand het die afgelope paar dae verbeter maar hy is steeds siek, het sy eksvrou Winnie Madikizela-Mandela Vrydag gesê.

“Van wat hy ʼn paar dae gelede was, was daar ʼn groot verbetering maar klinies is hy steeds siek,” het Madikizela-Mandela Vrydag aan verslaggewers in Soweto gesê. President Jacob Zuma, Cyril Ramaphosa, adjunkpresident van die ANC , Zweli Mkhize, tesourier-generaal van die ANC, Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid en Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediging, het Mandela Vrydag in die hospitaal besoek. Mandela se dogter Makaziwe en sy kleindogter Ndileka het hom ook in die hospitaal besoek. Talle mense het intussen steeds Vrydagmiddag voor die Medi-Clinic Harthospitaal saamgedrom om Madela sterkte toe te wens en vir hom te bid.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

neeltjie ·

Ons dank di Hemelse Fader vir ons oud President MADIBA dat HY sy hand oor hom gehou het. DANKIE JESUS.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.