Groot verkeersvertragings in Oos-Kaap weens reën

Die foto is deur @ginatrot op Twitter gelaai.

Reën veroorsaak steeds groot verkeersvertragings in die Oos-Kaap, met dele van die N2 wat vir verkeer gesluit is.

“Daar is ʼn groot gat, ongeveer 25m wyd en 50m diep op die N2 by die Pumba-wildreservaat tussen Port Elizabeth en Grahamstad,” sê kapt. John Fobian, woordvoerder van Oos-Kaapse rampbestuur. “Die pad is gesluit en verkeer word van Port Elizabeth na Cradock N10 herlei verby Cookhouse en terug na Grahamstad of oos-Londen.” Fobian sê voor die pad Saterdag ineengestort het, het ʼn vragmotor op die pad omgeslaan en die polisie, duikers en ʼn reddingspan is ontbied om die passasiers te red. Terwyl hulle steeds met die reddingspoging besig was, het ʼn motor ʼn slaggat getref en teen ʼn voertuig in die aankomende verkeer gebots. Een persoon is dood in die ongeluk. “Dit is toe dat die pad ineengestort het, aangesien dit deurdrenk was van al die reën wat ons sedert 16 Oktober gekry het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.