OR Tambo Internasionale Lughawe het Sondag vertragings op talle vlugte ervaar weens kabeldiefstal.
“Ons het nie ‘n tekort aan brandstof nie,” het Unathi Batyashe-Fillis, woordvoerder vir Airports Company SA (Acsa), gesê. “Ons het drie kragkabels wat erg beskadig is wat ons verhoed het om brandstof in te gooi in vliegtuie by die lughawe.”
Volgens Batyashe-Fillis is dit weens ‘n poging om die kragkabels te steel. “Die kabels is net buite die grenslyn van die lughawe.”
Die polisie ondersoek die saak en tegnici van die lughawe werk reeds sedert 11:00 om krag na die kabels te herstel. “Sodra dit afgehandel is kan ons weer so gou as moontlik met bedrywighede voortgaan.”
“Alle bedrywighede het egter nie tot ‘n stilstand gekom nie. Vlugte vertrek steeds, maar talle is steeds op die grond en word vertraag. Van die vliegtuie kan brandstof kry, maar dit neem baie lank,” het Batyashe-Fillis bygevoeg.
Sodra die kabels vervang is en die kragtoevoer weer aangeskakel is, kan die vlugte voortgaan. “Vlugte wat voor in die ry staan sal eerste opstyg, soos die Lugverkeer en Navigasiedienste (ATNS) bepaal.”
Ongeveer 20 vlugte word al sedert 10:00 vertraag, en dié getal neem toe. “Daar is baie plaaslike vlugte, maar ook ‘n paar internasionale vlugte wat hierdeur geraak word. Ons hoop om alles so gou as moontlik weer aan die gang te kry voordat die grootste meerderheid van internasionale vlugte laat Sondagmiddag moet vertrek.”
Haha. Demoonkrasie top.
Welkom in die nuwe SA
Adoons Hulle. Ek skaam my vrek om nog trots Suid Afrikaans te wees.
Adoons hulle. Ek skaam my dood om trots Suid Afrikaans te wees.
Audrie, jy vat die woorde so uit my mond. Hahaha.
Wees dankbaar dis net kabels en nie die vliegtuie nie….alles is moontlik want landingsregte is oop….
Mina hi catala want mina hi cona betala….welkom in die nuwe SA!!!! Pasop volgende is die sitplekke wat gesteel word!!