Deurdringende reën het die groot Tokwe-Mukosi dam wat nog in aanbou is, gedeeltelik laat meegee.
Sowat 5 000 mense is gelas om die oewers van die Tokwe-rivier te ontruim en sowat vyf kilometer van die oewer af weg te bly. As die dam sou breek word tot 60 000 mense bedreig.
Die dam sal as dit voltooi is, 1,9 miljoen kubieke meter water kan hou. Pres. Robert Mugabe het ‘n noodtoestand afgekondig.
Bronne: Nehand Radio, Buluwayo24,com
Ai ai ai …. daar gaan ons tiervis vang trippie.