Grootste Afrikaanse Liedjie: Hier is die top 50

Die top 50-liedjies in Maroela Media se Grootste Afrikaanse Liedjie van Alle Tye-veldtog is pas bekendgemaak.

Meer as 7 800 nominasies is tydens die nominasiefase ontvang. Die top 50-liedjies is saamgestel uit dié lys nominasies, op grond van die gewildheid van elke liedjie en die hoeveelheid nominasies wat elke liedjie ontvang het.

“Die paneel beoordelaars is van mening dat die top 50-liedjies ʼn goeie verteenwoordiging is van die beste Afrikaanse musiek oor dekades heen,” het Johan van Rensburg, voorsitter van die paneel, Maandag gesê.

Tradisionele kategorie:
Al lê die berge nog so blou
Die Stem van Suid-Afrika
Heimwee
O Boereplaas
Ou ryperd
Oukraalliedjie
Sarie Marais
Suikerbossie
Trein na Pretoria
Zambezi

Tydlose treffers:
Dankie
Ek verlang na jou
Karoonag
Kinders van die wind
Liefling
Skipskop
Sproetjies
Sprokie vir ʼn stadskind
Ver in die ou Kalahari
Waterblommetjies

Populêre kategorie:
Beautiful in Beaufort-Wes
Blouberg se strand
De la Rey
Houtkruis
Lisa se klavier
Miljoen
Pampoen
Sonvanger
Stuur groete aan Mannetjies Roux

Raserige kategorie:
Afrikaners is plesierig
Dans dans dans
Dis ʼn land
Ek skyn (heilig)
Groen trui
Hemel op die platteland
Klein tambotieboom
Mystic Boer
Wat kyk jy
Sit dit af

Kindermusiek:
Die ABC
Die lappop
Ek’s ʼn dapper muis
Hansie Slim
Heidi
Liewe Heksie
Siembamba
Trompie
Veels geluk liewe maatjie
Wielie Walie

Die eerste stemfase van die veldtog het pas afgeskop, en die publiek kan nou gaan stem vir hul gunstelinge in die top 50 by www.grootsteliedjie.co.za. Die stemfase gaan twee weke lank duur, waarna die stemme weer getel sal word om die top 25, vyf per kategorie, te bepaal. Daarna sal die publiek stem vir die vyf kategoriewenners, en uiteindelik vir die één liedjie wat die titel Die Grootste Afrikaanse Liedjie van Alle Tye sal ontvang. Die algehele wenner van die Grootste Afrikaanse Liedjie van Alle Tye-titel word op Saterdag, 26 Oktober op Jukebox bekendgemaak.

Een deelnemer aan die Grootste Afrikaanse Liedjie van Alle Tye-veldtog wen ook aan die einde van die veldtog ʼn vierdag-bootreis vir twee op die MSC Opera, saam met die span van kykNET se Jukebox.

“Hoewel ons doel nie is om ʼn spesifieke liedjie aan ʼn spesifieke kunstenaar te koppel nie, omdat ons uiteindelik ʼn liedjie en sy skrywer wil vereer en nie noodwendig die sanger daarvan nie, is dit noemenswaardig dat daar twee kunstenaars is wat elk al vyf van die top 50-liedjies opgeneem het,” vertel Lombaard. “Dié twee kunstenaars is Laurika Rauch (liedjies in die kategorieë vir populêre en tydlose liedjies) en Carike Keuzenkamp (vyf liedjies in die kinderliedjies-kategorie),” het Susan Lombaard, bestuurder van Maroela Media, verduidelik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Seg Net ·

Gedruk, gesny, gebrand, opgeneem, beskikbaar, uitgereik te koop of wat ook al, en maak dit saak, Paul, dit behoort baie gewild te wees onder Afrikaners.
Ek sal maar verby hou by daardie wat gebrand is dankie.

Andries Erasmus ·

Alle Afrikaanse liedjies is pragtig.Selfs die wat nie te goed is nie,is mooi.Nerens anders kry jy Afrikaanse liedjies nie!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.