Grootste deel van SA grond word privaat besit

suid afrikaMeer as ʼn driekwart van Suid-Afrikaanse grond word privaat besit, het The Times Vrydag berig.

Die landoudit, wat deur die kantore van die van die landmeter-generaal Mmuso Riba gedoen is, het bevind dat die staat ʼn minimum van 14% van die land besit terwyl 79% deur inwoners, trusts en privaatmaatskappye besit word. Die oorblywende 7%, hoofsaaklik in die Transkei en die Oos-Kaap, is nie by die aktekantoor geregistreer of opgeneem nie. Die uitkoms van die oudit is Woensdag deur die kabinet goedgekeur nadat die opdrag daarvoor verlede jaar gegee is.

Die oudit het egter nie buitelandse grondbesit of ‘n rasseverdeling van grondeienaarskap aangedui nie. Volgens Riba kon buitelandse grondbesit nie bepaal word nie, omdat die departement van binnelandse sake ʼn beperkte databasis het, terwyl hul ander databasis nie meer mense volgens hul rasgroep klassifiseer nie.

Hy het egter erken dit is belangrik om te weet hoeveel grond word deur swart mense, wit mense en maatskappye besit. Die oudit het ook gefaal om die geldelike waarde van die grond uiteen te sit.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Seg Net ·

Wat verwag hulle anders? Indien die meeste grond deur die besit sou word was hier nou hongersnood. Wat gaan op die grond aan wat in staat besit is? Hoeveel van die land se voedsel word daar produseer?
Doen sommer ‘n opname wie vir die meeste misdaad ook verantwoordelik is.
Die regering raak ernstig om die boer se grond te vat. Bloed gaan vloei soos nog nooit in die land se geskiedenis nie.

Jasper ·

Die Argitek wat wou toesien dat elkeen sy regmatige deel kry, is vandag 47 jaar gelede op 6 September 1966 in die Parlement vermoor.

Dr Hendrik Fench Verwoerd ons eer jou ! Saluut.

vuurvreter ·

As dit nie in privaat besit was nie was hier hongersnood want die goed vreet erger as springkane. Kyk maar net in die parlement hoe dik is hulle gevreet. Val sommer aan die slaap.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.