Grootste Njala-bul behaal rekordprys in Limpopo

Die Njala-bul. Foto: Verskaf

’n Njala-bul wat die glo die grootste in die wêreld is, is oor die naweek tydens ʼn wildveiling by die Oljaco Wildhandelaars in Vaalwater, Limpopo, vir R1,65 miljoen verkoop.

Landbou.com berig die bul is toevallig deur Coena Smith van Oljaco Wildhandelaars gevind in die proses om wild vir dié veiling te vang.

Die dier se horingspan is 34 en vyf agtste duim. Volgens die berig is die vorige Roland Ward-inskrywing vir ’n rekord-horingspan vir ’n Njala 33 duim.

Neil Swart, afslaer van Vleissentraal, het gesê die vorige rekordprys van R83 000 vir ’n Njala-bul is verlede jaar op ’n veiling in Sun City aangeteken. Piet du Toit het R1,65 miljoen vir dié reuse Njala-bul opgedok.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Gawie Botha ·

Hierdie reuse Najala bul,het baie trekke van die nou horing koedoes wat n mens in die bergareas kry,wonder of daar nie n verbastering kon plaas gevind het!

Estie ·

Daar loop honderde 35″ duim bulle op die plaas waar my man die bestuurder is. Hierdie is definitief nie die “grootste in die wêreld” nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.