Grootste treinrower sterf

Ronnie Biggs by sy huis in Rio de Janeiro Foto: Nick Skinner/Daily Mail /REX (1127050a)

Ronnie Biggs by sy huis in Rio de Janeiro Foto: Nick Skinner/Daily Mail /REX (1127050a)

Ronnie Biggs, Engeland se grootste treinrower, is in die ouderdom van 84 by ʼn versorgingsentrum in Londen oorlede, het die Press Association Woensdag berig.

Biggs was berug vir sy rol in die kaping van ʼn Royal Mail-trein in 1963 voordat hy uiteindelik na Rio de Janeiro gevlug het. Die groep van 15 rowers het sowat £2.6 miljoen (vandag meer as £40 miljoen of bykans R675 miljoen) gebuit.

Hy het as 71-jarige man na Engeland teruggekeer nadat hy drie beroertes gehad het en nie mediese behandeling in Brasilië kon bekostig nie.

Hy is dadelik in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.