Grootste volmaan vir dié jaar te siene

Argieffoto

Die volmaan is vanaand, Sondagaand, die naaste aan die aarde vir dié jaar.

Volgens die webwerf Earthsky.org is dit die grootste en volste maan vir 2013.

“Die maan gaan nie weer so naby aan die aarde wees tot in Augustus 2014 nie, daarom kan ʼn mens dit die ‘supermaan’ van 2013 noem,” berig die webwerf.

Sterrekundiges noem die verskynsel perigee full moon. Die woord “perigee” is afkomstig van ʼn woord wat die maan se naaste punt aan die aarde in ʼn gegewe tyd beskryf.

“Twee jaar gelede, op 19 Maart 2011, was dié tipe volmaan die naaste aan die aarde. Van daar het die term ‘supermaan’ ontstaan,” aldus die webwerf.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.