Grootwildjag in Botswana verbied

Olifante teen sonsondergang in Botswana

Botswana gaan teen 2014 grootwildjag verbied.

Die land se ministerie van omgewingsake, natuurlewe en toerisme, het Donderdag aangekondig dat die land grootwildjag wil verbied uit vrees dat daar nie genoeg wild oor is nie. President Ian Khama het gesê jag moet gestaak word om die nasie se grootwilddiere te beskerm.

Volgens die ministerie kan jag, wat nie beheer word nie, ‘n “werklike bedreiging” vir die land se wild inhou. Die ministerie het gesê jag deur plaaslike gemeenskape en persone met spesiale jaglisensies sal steeds toegelaat word.

Botswana beslaan 581 730 vierkante kilometer. Die Kalahari-woestyn en verskeie groot nasionale parke is in Botswana. Die land het olifante, leeus, kameelperde, en talle ander wilddiere wat dit ‘n gewilde bestemming vir grootwildjagters maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.