Gru-botsing naby Witbank eis vier

Drie kinders, ʼn swanger vrou en haar ongebore baba is dood en twee mense beseer nadat ʼn vragmotor Maandagaand naby Witbank teen hul voertuig gebots het.

Derrick Banks, ʼn woordvoerder van ER24, het Maandag gesê die gru-botsing het op die N12-hoofweg plaasgevind, sowat 35km buite Witbank. “Twee kinders is op slag dood. ʼn Man, twee vroue en ʼn kind is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem,” het Banks gesê. Die swanger vrou en haar baba is onderweg na die hospitaal oorlede. Die derde kind het in die hospitaal gesterf.

Die vragmotorbestuurder het geen beserings opgedoen nie.

Die polisie ondersoek die oorsaak van die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

SANETTE HENNING ·

Dit kan net n kolevragmotor wees die meeste ry soos maniake oral om Witbank,Ogies,Kriel, Bethal,Hendriena ,Standerton, Ermelo,Piet Retief en Morgenson. Minder as 3 jaar gelede is die Bethal / Standerton roete oorgedoen maar as jy daar ry het geen brug meer n reling want hul hadhaaf n spoed soms meer as 120km met oorlaaide vragte wat vragmotors onbeheerbaar maak. Die N17 deur Bethal het verskeie stoppe wat menigte kere ge-ignoreer word en saans glad nie bestaan vir kolevragmotors nie Om n klag te le by verkeersafdeling is om soos te roep teen donderweer. Wie gaan optree? waarom nie weer spoorstelsel instel nie of beter plaas tolhekke by myne en kragstasies se ingange dat hul opdok vir paaie wat hul stukkend ry Mpumalanga is gatvol vir kolevragmotors en swakpaaie op die roetes.

Hoop die familie van oorledenes stel n eis in teen vervoermaatskappy, drywer en Eskom
Innige simpatie aan die familie n hele gesin is in n oogwink uitgewis

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.