Gru-botsing op N3 eis 28

Minstens 28 mense is dood toe die minibus waarin hulle gery het Saterdagoggend reg van voor teen ‘n vragmotor gebots het op die N3 buite Harrismith in die Vrystaat.

ʼn Woordvoerder van Netcare911, Jeff Wicks, sê die taxi was oorlaai en het 37 mense vervoer. Wicks sê kinders en babas van verskeie ouderdomme is onder die slagoffers. Hy sê twee mense is in ‘n kritieke toestand en ses is ernstig beseer. Wicks sê talle mense is uit die taxi gegooi terwyl ander in die wrak van die taxi vasgekeer was. Die oorsaak van die ongeluk is onbekend.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.