Gru-ongeluk eis vier

Foto: ER24

Vier mense is dood nadat twee voertuie Vrydag omstreeks 06:10 reg van voor in Gauteng gebots het.

Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare911, sê die ongeluk het op die N12-deurpad naby die Kloofmyn in Westonaria plaasgevind. ʼn Corsa-bakkie en Toyota was in die botsing betrokke.

Die bestuurder van die Toyota en drie mense van die bakkie was reeds dood toe paramedici en die brandweer op die toneel kom.

Die oorsaak van die botsing is nog nie bekend nie en die polisie se forensiese-eenheid is op die toneel om die oorsaak van die botsing vas te probeer stel. Die pad sal vir etlike ure gesluit wees terwyl noodwerkers die toneel opruim.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.