Gru-ongeluk: Seun het nie lisensie gehad

Keenan Smith. Foto: Facebook

Die matriekseun wat bestuur het toe hy en twee vriende verongeluk het, het nie ʼn bestuurslisensie gehad nie.

Keenan Smith (18), Kelly Ford (18) en Leigh-Anne Swail (18) is op 24 November oorlede nadat die motor waarin hulle gery het teen ʼn bus gebots het in Strandfontein. Nazan Klaasens (20) het die ongeluk oorleef. Die minister van vervoer in Kaapstad, Robin Carlisle, het intussen gister aan die Daily Voice bevestig dat Smith nie ʼn bestuurslisensie gehad het nie. Smith het glo ‘n rooilig verontagsaam waarna die motor teen die bus gebots het. Carlisle sê die bestuurder van die bus het ʼn “vleklose” rekord en dat hy nie van strafbare manslag aangekla sal word nie.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Tante Afrikana ·

Ai tog – ouers hoekom laat julle toe dat kinders bestuur wat nie opgelei is nie. Net so onverantwoordelik soos dronk bestuurders. My innige simpatie aan die ouers wat hul kinders verloor het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.