Gru-vonds by Montecasino

Montecasino

Montecasino

Die ontbinde liggaam van ʼn man is oor die naweek in die kattebak van ʼn motor by Montecasino in Gauteng gevind.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, ʼn polisiewoordvoerder, het Maandag aan Maroela Media bevestig die man is Sondagoggend omstreeks 01:00 deur ʼn veiligheidsbeampte by Montecasino in Fourways, Johannesburg, ontdek, terwyl hulle aan diens was.

“Die beamptes was op hul roetinepatrollie toe hulle ondersoek ingestel het nadat hulle ‘n slegte reuk uit die kar ruik kom het,” het Dlamini gesê.

Die polisie is ontbied wat die voertuig se kattebak oopgemaak en op die ontbinde liggaam afgekom het. Dit is nog nie seker hoe lank die man dood is nie.

Dlamini het gesê die polisie ondersoek die voorval en inligting is nog skaars. “Teen Maandag 09:00 is niemand nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.”

Dlamini sê die voertuig se registrasienommer is nagegaan en die voertuig is nie as gesteel aangemeld nie. “Die eienaar van die voertuig sal opgespoor en ondervra word. Die polisie sal ook deur die casino se kringtelevisiebeeldmateriaal werk om leidrade te kry.”

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

neeltjie ·

Ja ek gaan baie na montecasino t ma ek dink di een het s geld uit gedobel wat hom dood gemaak het sies man skaam jou wi j ook al mag wees niemand het j gesien ni ma God het. J dag sal kom

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.