Grusame moord in Noordwes

Die liggaam van ʼn tienermeisie wat in stukke opgekap is en in twee plastieksakke toegedraai is, is in die Noordwes opgespoor.

Brigadier Thulane Ngubane van die polisie sê die meisie is tussen 15 en 17 jaar oud en is deur inwoners in ʼn rivier in Mokgareng naby Taung opgespoor. “Met hul aanvanklike ondersoek het die polisie besef dat sekere liggaamsdele van die lyk, wat gesig na onder gelê het, vermis word,” het Ngubane gesê. Haar bene, arms en die kop is later ʼn paar meter verder opgespoor en dié was ook styf in ʼn plastieksak toegemaak.

Forensiese deskundiges van die polisie het bevestig dat die vermiste liggaamsdele wel aan die lyk van die meisie behoort. Die inwoners kon nie die meisie identifiseer nie en die polisie doen ʼn beroep op enigiemand wat die meisie moontlik kan uitken, om hulle te kontak. Lt.gen. Zukiswa Mbombo, provinsiale kommissaris van Noordwes sê sy is “baie besorg” oor die grusame moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.