Gruvonds in Limpopo

Argieffoto

Argieffoto

‘n Vrou, wie se hande afgesny is, is Vrydag dood aangetref in Limpopo met haar selfoon en sleutels in haar oopgesnyde maag.

“Die 20-jarige vrou se liggaam is in ‘n bos by Mandlikazi naby Letsitele aangetref,” het brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die vrou se arms was agter haar rug vasgemaak. Haar hande is afgesny en haar huissleutels en selfoon was in haar maag geplaas nadat dit oopgesny is.”

Die vrou is glo van Relela, sowat 8 km vanwaar haar liggaam opgespoor is. “Die polisie kan nie die moontlikheid uitsluit dat dit ‘n ritueelmoord was nie,” het Mulaudzi gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Hendrina Lambert ·

Kan ‘n Mens so Wreed wees om ‘n ander een so te vermink….Nee Dis Barbaars. Hang hom aan die naaste Boom op en Laat die Leeus hom opvreeet!!!

Justi ·

Dit is skokkend om te lees hoe ongenadiglik wreed die menslike spesie kan wees.

Ek wonder so in my enigheid of die persone wat tot sulke afskuwelike dade instaat is nie n subspesie is nie?

Elize Mans ·

Wat se mens met n siel,doen sulke barbaarse goed aan n ander.Maar wat help dit ons praat,niks word gedoen nie.Daar word meer gemaak van die Renosters,wat geskiet word,as ons mense wat uit gemoor word.
Vir die Renosters word planne uit gewerk om die mense te vang wat hulle skiet,maar WAT WORD VIR ONS NASIE GEDOEN??????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.