Gruwelhuis-verdagtes borg geweier

hofhamertjie3‘n Broer en sy twee susters wat daarvan beskuldig word dat hulle hul pa vermoor en twee van hul neefs ontvoer en aangehou het, is in die Atteridgeville-landdroshof borgtog geweier.

Landdros Levitt Mukansi het die voorval as “verskriklik en afskuwelik” beskryf. Regina, Samuel en Lillian Malatji sal in aanhouding bly tot hul volgende hofverskyning op 8 November. Die hof het vroeër gehoor dat dit ʼn “opdrag van God” was om hul pa en neefs aan te hou. Die drie is in hegtenis geneem nadat hulle pa se liggaam verlede week in ʼn huis in Atteridgeville, wes van Pretoria, gevind is. Hulle het glo hul pa en twee van hul neefs vir 18 maande in ʼn slaapkamer in die huis aangehou. Die pa is glo sowat drie weke terug dood en is die neefs vir twee weke saam met sy lyk aangehou voor een van hulle daarin kon slaag om te ontsnap en die polisie in kennis gestel het.

Nuus
Oupa en kleinkinders glo in gru-huis aangehou weens godsdienstige redes
Oupa en kleinkinders glo in gru-huis aangehou weens godsdienstige redes

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Attie ·

Dis verskriklik, hoe in vandag se tye het niemand agtergekom iets is fout nie, instant communication is beskikbaar op fone etc, sekerlik moes ‘n vriend ten minste bekommerd geword het?

vuurvreter ·

attie al het iemand iets agtergekom sal hulle stil bly want hulle is bang vir wraak. Besef jy as kriminele jou kry as jy hulle piemp is jy more dood. Glo my ek bly naby grassy park en daai plekke ek weet waarvan ek praat.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.