Gruwelhuis-verdagtes weer in hof

hofhamertjie3‘n Broer en sy twee susters wat daarvan beskuldig word dat hulle hul pa se dood veroorsaak en twee van hul neefs ontvoer en vir langer as ʼn jaar in haglike omstandighede aangehou het, het Vrydag vlugtig in die Atteridgeville-streekshof verskyn.

Samuel Malatji (52), Regina Malatji (49) en Lillian Malatji (47) het na bewering hul pa, Benedict Malatji (80), en broerskinders Kentridge Malatji (30) en Thabo Malatji (23) vir ʼn jaar lank in ʼn donker kamer by hul groot huis in Atteridgeville aangehou. Benedict het gesterf en Kentridge en Thabo moes vir twee weke saam met sy liggaam saamleef.

Die drie verdagtes word aangekla van moord, ontvoering en regsverydeling. Hulle het in September in die hof verskyn en is borgtog geweier. Hulle is in hegtenis geneem nadat Kentridge daarin kon slaag om te ontsnap en hulp te ontbied.

Die saak is tot Dinsdag uitgestel. Hulle bly in polisieaanhouding tot dan.

Lees ook:
Gruwelhuis-verdagtes borg geweier
Oupa en kleinkinders glo in gru-huis aangehou weens godsdienstige redes
Familielede saam oupa se lyk aangehou

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.