Grypdief kom sy moses teë

Die treinstasie op die hoek van 6de Laan en Wes 4de Straat in New York Foto: Google

Die treinstasie op die hoek van 6de Laan en Wes 4de Straat in New York Foto: Google

ʼn Vermeende grypdief se 52-jarige slagoffer het hom in New York se treintonnels agternagesit en hom vasgetrek sodat die polisie hom in hegtenis kon neem.

Jeff Hamm (54) het sy slagoffer glo op 9 Februarie oorval en $94 (meer as R1 000) kontant en ʼn sigaretaansteker gesteel, berig NY Daily News. Hamm het weggehardloop, maar sy slagoffer het op sy spoor gebly. Hamm het op die treinspoor gespring, maar kon nie wegkom nie.

Hy het uiteindelik weer by die volgende stasie uitgeklim en in die straat verder gehardloop. Sy slagoffer het ʼn polisiebeampte se aandag getrek en Hamm is in hegtenis geneem.

Hamm is glo al ses keer vantevore in hegtenis geneem, hoofsaaklik vir dwelmverwante aanklagte.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.