Gumtree-moordsaak uitgestel

Foto: Facebook

Vier mans wat van die moord op Olwyn Cowley, van Bellville in Kaapstad, aangekla word, se borgtogaansoek is Maandag in die Mitchells Plain-landdroshof uitgestel.

Die verdagtes word daarvan verdink dat hulle die 21-jarige  Cowley in ʼn lokval gelei, ontvoer en vermoor het, nadat hy sy voertuig op die webwerf, Gumtree, adverteer het.

Hy het 30 Augustus glo drie mans, wat belang gestel het om die motor te koop, by ʼn vulstasie ontmoet. Cowley is na bewering deur die mans ontvoer en vermoor. Sy BMW is later in Mitchells Plain gevind. Cowley se liggaam is ʼn dag later naby Monwabisi-strand gevind met twee skietwonde in die kop.

Die verdagtes is glo lede van die Americans-bende. Hulle staan tereg op aanklagte van kaping, ontvoering en moord.

Jason Elias (30), Rameez Felix (29), Shawaal Staggie (26) en Soegbudien Abvajee (25) moet weer op 18 September in die hof verskyn en bly in aanhouding tot dan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.