Inwoners van Saxonwold dreig met ʼn hofsaak indien die Stad Johannesburg toestemming gaan gee vir ʼn onwettig geboude herehuis op die Gupta-familie se erf, het die Saturday Star berig.
ʼn Span van die stadsraad se gebouekomitee het die herehuis vandeesweek ondersoek, maar gesê hy kan nog nie sy besluit publiek maak nie. “Die aansoek kan nie publiek bekend gemaak word alvorens die beplanningskomitee daaroor beslis het nie,” het Nthatisi Modingoane, woordvoerder vir die Stad Johannesburg, gesê.
Die Guptas het aansoek gedoen om die wysigings van die vorige planne, wat goedgekeur is, reg te stel.
Bure kla egter dat die betrokke gebou afbreuk doen aan hul genot by hul eie huise. “Die onwettige gebou is só naby aan ons huis, met vensters en balkonne, dat ons ons hele leefstyl moes aanpas weens geraasvlakke, donker kamers en dat mens ʼn uitsig het oor privaat plekke,” het een van die inwoners gekla. “Die gebou doen afbreuk aan die waarde van ons eiendom en ons sal definitief vergoeding in die verband soek.”
-SAPA
“Geld Wat Stom Is”
Die mense is geld se baas
Wonder hoe diep het hulle vingers al in SANRAL se kontrakte gegrawe.?
Hoe se die spreek woord hou die spasie dop.