Gupta-fiasko: Nog vier hoës geskors

Die minister van justisie, Jeff Radebe. Argieffoto: GCIS

Nog vier regeringbeamptes is op “verpligte spesiale verlof” geplaas na aanleiding van die Gupta-sage, het Jeff Radebe, minister van justisie, Vrydag aangekondig.

Hy het tydens ʼn perskonferensie in Pretoria gesê die vier beamptes is werksaam by die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) asook die polisie. Die beamptes is ‘n brigadier-generaal van die Suid-Afrikaanse Lugmag (SALM) se bevelspos, ʼn brigadier-generaal van die SALM se bevelvoerderbasis, ‘n majoor van die polisie se operasionelereaksie-eenheid asook ‘n luitenant-kolonel van die bewegingbeheerkantoor.

Die skorsings kom kort nadat die departement van internasionale betrekkinge aangekondig het dat ambassadeur Bruce Koloane, hoof van staatsprotokol, geskors is na afloop van ʼn voorlopige ondersoek oor die Gupta-familie se gaste wat by die Waterkloof-lugmagbasis in Pretoria geland het om ʼn familietroue by Sun City by te woon.

Lees ook:
Gupta: “SA moet dankbaar wees”
Guptas wil glo net wit werkers hê
Gupta-vliegtuig geskuif
Nuuskommentaar: Hulle lieg so lekker want hulle vlieg so lekker
Hoë geskors oor Gupta-fiasko
Doeanebeamptes glo nie by Gupta-landing
Foto’s: DA wil Gupta-vervoerreëlings ondersoek
Gupta-troue: SANW glo onbewus van Waterkloof LMB-toestemming
Gupta-gaste mag by Waterkloof LMB land
Guptas reël “bruilof van die eeu”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Elize ·

Wat help dit,hulle word geskors,met betaling.Lekker vakansie vir hulle dit is al.Wys jou net,hoe kan mense in die land kom,en nogal by die lugmag basis,wat het hulle alles in daardie vliegtuig gehad.
Hulle was nie deur die “custims”
Mooi ANC julle werk hierdie land indie afgrond in.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.