Gupta-gaste mag by Waterkloof LMB land

Vega Gupta en Aakash Jahajgarhia Foto: freenewspos.com

Die owerhede het glo toestemming verleen vir gaste van ʼn troue van die Gupta-familie om hul privaatvliegtuie by Waterkloof-lugmagbasis in Pretoria te land.

“Die Waterkloof-lugmagbasis is gebruik, aangesien Lanseria-lughawe nie die grootte van die vliegtuig kon akkommodeer nie,” het Haranath Ghosh, woordvoerder vir die familie, gesê. “Die aansoek is ingedien en aan die Indiese Hoë Kommissie toegestaan, nie aan die familie nie.”

Die Gupta-familie, wat die New Age-koerant en Sahara Computers besit, sal na verwagting Vega Gupta (23) en Aaskash Jahajgarhia se huwelikseremonie tussen 1 en 4 Mei by Sun City in Noordwes vier.

Die hotel en verskeie van sy dienste sal vir die huwelikseremonie, wat deur 400 gaste bygewoon word, gesluit wees. Nog ʼn seremonie sal in Saharapur, Indië, plaasvind.

EWN het Dinsdag berig dat privaatvliegtuie by Waterkloof-lugmagbasis land en dat bloulig-voertuie gaste na Sun City sal vergesel. Kommentaar van Siphiwe Dlamini, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW), was nie dadelik beskikbaar nie.

Ghosh sê alle vervoerreëlings is deursigtig getref. “Natuurlik is toepaslike protokol toegepas om buitelandse ministers te ontvang en na die plegtigheid te vervoer,” het hy bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.