Gupta-huishulp vas vir roof

tronk 2ʼn Huishulp wat in ʼn huis van die Gupta-familie in Houghton in Johannesburg werk, is Woensdag in hegtenis geneem in verband met ʼn roof wat by die huis plaasgevind het.

Kol. Lungelo Dlamini, ʼn polisiewoordvoerder, het Donderdag gesê sy is in Benoni in hegtenis geneem.“Sy het verdwyn nadat drie mans in twee voertuie opgedaag het, en die huis vroeër die dag beroof het,” het Dlamini gesê.

Die rowers het na bewering in die middag ʼn tuinjong oorweldig en toegang tot die huis bekom. Hulle het geld, huishoudelike goedere en juwele gesteel.

Dit is in die stadium nie duidelik aan watter lid van die Gupta-familie die huis behoort nie.

“Daar is van die gesteelde goedere in die huishulp se besit gevind.”

Die polisie is nog op soek na die mans wat in die rooftog betrokke was. Die vrou moet binnekort in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Trippie ·

Lekker ! Voel hoe ons voel – julle kan jul sterre dank nie een is verkrag of vermoor nie … snaakse spulletjie die met die van Gupta !

Gert Malan ·

Whaaaaaaaaaahahahaha, kry vir julle!! Skelm mense wat deur skelm mense beroof word, dis mos nou “justice”!!!! Ou skeeloog moet maar uithelp, hulle is mos hand om die blaas. Whaaaaaaaaaahaha, my maag is seer gelag!

Jasper ·

Inside Info by 99.99% van sulke rooftogte, aanvalle en inbrake . Hou maar vir Meriaam en Jackson fyn dop. Of beter, los die gym & draf en elkeen in die huis sit hand by met skottelgoed, wasgoed ens. Pappie kan maar sy koue bier op n Saterdag daar in die tuin nuttig. (behalwe as hy n Blou Bul is. Dan hoort hy voor die TV.)

Justi ·

Ek ‘smile’ so bymyself. So die ultra rykes is tog nie so’ untouchable’ soos hulle gedink het hulle is nie ne? What comes around goes around! Kry vir julle! Dis verniet!! Hehehe

JAVR ·

So gedink ja… sien ons lees al mekaar se kommentaar tussen die lyntjies ook!

JAVR ·

Wie was baie op die vingers getik vandag? Dit wil voorkom of daar briek aangedraai is met die bleks,,mse delete knoppie?

JAVR ·

Ek moet sê ek het nou al die mokken foeren in geraak met die besnydenis wat hulle so doen!

JAVR ·

Ek gaan maar hier vir julle sê lekker aandjie maatjies!!! Veilig ry, Trippie wys die peace sign vir die taxi’s, pasop vir die pofadders langs die pad met die reënjassies aan! Hopelik kan ons almal weer LEKKER gesels more! Gou die base se loopdop gaan maak! Hê ‘n lied in die hart ♫ ☺☺☺

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.