Gupta-sage: Agt metropolisie amptelik geskors

Die Tshwane-metropolisie het agt beamptes geskors vir hulle beweerde betrokkenheid by die Gupta-sage.

Console Tleane, die metropolisie se woordvoerder, het Vrydag tydens ʼn perskonferensie in Pretoria gesê voorlopige ondersoek dui daarop dat die agt beamptes die Gupta-familie se huweliksgaste van die Waterkloof-lugmagbasis af na Sun City in Noordwes vergesel het en as private lyfwagte by die troue opgetree het.

Tleane het gesê die lede gaan vandag [Vrydag] kennis van hul skorsing ontvang. Drie ander lede kan moontlik ook geskors word.

Die beamptes het na bewering blou ligte en vals nommerplate op hul privaatvoertuie geplaas wat gebruik is om die gaste te begelei. Hulle het na bewering ook dienswapens gebruik in die uitvoering van private pligte.

“Die beamptes moet hul vuurwapens en aanstellingsbriewe inhandig,” het Tleane gesê. Die beamptes word met betaling geskors en amptelike aanklagte gaan Vrydag teen die beamptes aanhangig gemaak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.