Gupta-sage: Indiese Hoë Kommissie bevestig toestemming

Foto: www.planespotters.net

Die Indiese Hoë Kommissie het toestemming gehad om ‘n privaatvliegtuig by Waterkloof-lugmagbasis te land, het die Hoë Kommissaris Donderdag gesê.

“Klaring en goedkeuring is bykans drie weke vóór die landing ontvang,” het Virenda Gupta gesê. Hy is glo nie verwant aan die Gupta-familie, wat die vliegtuig gehuur het om gaste na Suid-Afrika te vervoer vir ‘n familietroue by Sun City in Noordwes nie. Die Guptas besit die New Age-koerant en Sahara Computers.

“Die Hoë Kommissie het teen die einde van Februarie ‘n aansoek ingedien, in die lig daarvan dat ministers en verskeie hoëvlak-politieke afgevaardigdes aan boord sou wees en veiligheid een van die grootste oorwegings vir ons is,” het hy gesê. Hy sê die kommissie het deur sy verdedigingsraadgewer met die hoof van verdediging vir internasionale betrekkinge in die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) kommunikeer. “Dit is die standaard kanaal van kommunikasie wat deur die regering van Suid-Afrika voorgeskryf word met verwysing na kommunikasie van alle verdedigingsraadgewers in die land.”

Die regering het Vrydag gesê die landing is nie goedgekeur nie en dat ‘n ondersoek van stapel gestuur is om ‘n moontlike breuk in diplomatieke protokol te ondersoek.

Vyf regeringsbeamptes en militêre personeel is in verband met die voorval geskors en twee metropolisiebeamptes en ‘n reservis is in hegtenis geneem.

Lees ook:
Weermag het toe glo toestemming gegee vir Gupta-landing
Gupta-sage: Metropolisielede terug by die werk
Gupta-sage: Familie vra om verskoning, verwelkom ondersoek
Guptas-troue: Hotelgroep ontken “rassisme”
Zuma verwelkom Gupta-ondersoek
Gupta-familie kan dalk ondersoek word
Gupta-fiasko: Nog vier hoës geskors
Gupta: “SA moet dankbaar wees”
Guptas wil glo net wit werkers hê
Gupta-vliegtuig geskuif
Hoë geskors oor Gupta-fiasko
Doeanebeamptes glo nie by Gupta-landing
Foto’s: DA wil Gupta-vervoerreëlings ondersoek
Gupta-troue: SANW glo onbewus van Waterkloof LMB-toestemming
Gupta-gaste mag by Waterkloof LMB land
Guptas reël “bruilof van die eeu”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

H J Bester ·

Die beamptes wat tot dusver in hegtenis geneem is in verband met die sogenaamde toestemming vir die landing van ‘n burgerlike vliegtuig op die Waterkloof-lughawe, is inderdaad nie een werklik skuldig nie – het bloot maar net bevele uitgevoer. Die toestemming is uit hoër gesag gegee en Zuma, alhoewel dalk nie direk nie, speel ‘n groot rol in die toestemming wat wel gegee is. Na alle waarskynlikheid sal die waarheid weldra aan die lig kom en die skuldige bekend gemaak word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.