Gupta-sage: Metropolisielede terug by die werk

Nege Tshwane-metropolisiebeamptes wat in hegtenis geneem is nadat hulle glo gaste van die Gupta-familie van die Waterkloof-lugmagbasis in Pretoria na Sun City vergesel het, is weer op hul pos.

Supt. Isaac Mahamba, ʼn woordvoerder van die Tshwane-metropolisie, het aan TimesLive bevestig dat van die beamptes weer aan diens is. “Ons wag eers vir die uitkoms van ʼn voorlopige ondersoek wat sal bepaal hoe daar teen die beamptes opgetree gaan word,” het hy gesê. Die uitkoms van die verslag sal na verwagting Dinsdag bekendgemaak word. Die metropolisie wag ook steeds vir ʼn verslag van die polisie oor die metropolisiebeamptes se inhegtenisname. Die metropolisiebeamptes het na bewering verlede week onwettig blou ligte aan voertuie aangebring om die Gupta-familie na Sun City in Noordwes te vergesel. Van die beamptes het glo ook ekstra werk verrig deur as die familie se lyfwagte op te tree.

Lees ook:
Nuuskommentaar: Akademici en die pot lensiesop
Gupta-sage: Familie vra om verskoning, verwelkom ondersoek
Guptas-troue: Hotelgroep ontken “rassisme”
Zuma verwelkom Gupta-ondersoek
Gupta-familie kan dalk ondersoek word
Gupta-fiasko: Nog vier hoës geskors
Gupta: “SA moet dankbaar wees”
Guptas wil glo net wit werkers hê
Gupta-vliegtuig geskuif
Nuuskommentaar: Hulle lieg so lekker want hulle vlieg so lekker
Hoë geskors oor Gupta-fiasko
Doeanebeamptes glo nie by Gupta-landing
Foto’s: DA wil Gupta-vervoerreëlings ondersoek
Gupta-troue: SANW glo onbewus van Waterkloof LMB-toestemming
Gupta-gaste mag by Waterkloof LMB land
Guptas reël “bruilof van die eeu”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.