Gupta-sage: Partye ly aan “verkiesingskoors”, sê ANC

Foto: www.planespotters.net

In reaksie op fel kritiek van verskeie politieke partye aangaande die sogenaamde Guptagate in die parlement vandag het die ANC gesê dié partye ly aan “verkiesingskoors”.

Die volledige verslag oor die sogenaamde Guptagate is vandag tydens ‘n parlementêre debat bekend gemaak en het hewige kritiek vanuit verskeie politieke partye ontlok. President Jacob Zuma het nie die parlementêre debat bygewoon nie.

Die regering het besluit om ‘n ondersoek van stapel te stuur om te bepaal of daar enige breuk in diplomatieke protokol was.

Die verslag gaan nou deur die Openbare Beskermer, Thuli Madonsela, ondersoek word.

Jeff Radebe, minister van justisie, het Sondag tydens ʼn voorlopige bekendmaking van die verslag gesê president Jacob Zuma en sy kabinet was glo glad nie betrokke in die landing van die Gupta-vliegtuig by die Waterkloof-lugmagbasis nie.

Die Mail & Guardian het die volledige verslag op hul webwerf gelaai. Klik hier om dit te sien.

Lees ook:
Gupta-sage: Verslag vandag in parlement bespreek
Nuuskommentaar: Kabaal oor vlieënde Guptas en vlieënde olifante
DA soek onafhanklike ondersoek oor Gupta-landing
Zuma glo nie betrokke by Gupta-landing
Gupta-sage: Verslag gaan in parlementêre debat bespreek word
Gupta-uitnodiging opgeblaas
ANC: Gupta-debat gaan nie oor Zuma
Gupta-sage: Agt metropolisie amptelik geskors
Gupta-sage: Indiese Hoë Kommissie bevestig toestemming
Weermag het toe glo toestemming gegee vir Gupta-landing
Gupta-sage: Metropolisielede terug by die werk
Gupta-sage: Familie vra om verskoning, verwelkom ondersoek
Guptas-troue: Hotelgroep ontken “rassisme”
Zuma verwelkom Gupta-ondersoek
Gupta-familie kan dalk ondersoek word
Gupta-fiasko: Nog vier hoës geskors
Gupta: “SA moet dankbaar wees”
Guptas wil glo net wit werkers hê
Gupta-vliegtuig geskuif
Hoë geskors oor Gupta-fiasko
Doeanebeamptes glo nie by Gupta-landing
Foto’s: DA wil Gupta-vervoerreëlings ondersoek
Gupta-troue: SANW glo onbewus van Waterkloof LMB-toestemming
Gupta-gaste mag by Waterkloof LMB land
Guptas reël “bruilof van die eeu”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.