Gupta-sage: Vier weermaglede se lot vandag bepaal

Foto: www.planespotters.net

Foto: www.planespotters.net

Die lot van vier lede van die Suid-Afrikaanse Weermag wat glo by die Gupta-sage betrokke was, sal vandag (Dinsdag) in die weermaghof bepaal word.

Kol. Nomsa Khumalo, lt.kol. Christo van Zyl, lt.kol. Christine Anderson en a.o. Thabo Ntshisi verskyn in die weermaghof by die Thaba Tshwane-militêre basis in Pretoria.

Hulle word daarvan beskuldig dat hulle verskillende afdelings van die militêre verdedigingskode oortree het. Die aanklagte hou verband met die landing van die Gupta-familie se privaatvliegtuig by die Waterkloof-lugmagbasis vroeër vanjaar vir die familie se uitspattige troue wat by Sun City in Noordwes plaasgevind het.

Jet Airways vlug JAI 9900 uit Indië, met meer as 200 gaste van Vega Gupta en haar Indiese-gebore man, Aakash Jahajgarhia, het in April daar geland. Vandaar is hulle na Sun City vervoer deur ligte vliegtuie, helikopters en selfs polisie- en metropolisie-begeleiding.

Die landing het wyd kritiek uitgelok en verskeie ondersoeke is van stapel gestuur. ʼn Ondersoek deur die regering het president Jacob Zuma en sy ministers van die landing vrygespreek, en bevind dat die landing die gevolg was van “sameswering deur amptenare” in die weermag. President Zuma het glo verskeie bande met die Gupta-familie.

Lees ook:
Guptagate: ‘Zuma sou afvaardiging ontmoet’
Guptagate-beamptes weet gou hul lot
Zuma moet sê oor ‘Guptagate’
“Zuma was betrokke by Guptagate”
Gupta-landing: OB gaan taakspan ondersoek
Oortydbetaling vir SAPD by Gupta-troue
Polisielede erken dat hulle Gupta-gaste begelei het
Beter belastingbeheer by Waterkloof LMB
Zuma breek sy stilte oor ‘Guptagate’
Gupta-sage: Woede oor Zuma se afwesigheid by debat
Gupta-sage: Partye ly aan “verkiesingskoors”, sê ANC
Gupta-sage: Verslag vandag in parlement bespreek
Nuuskommentaar: Kabaal oor vlieënde Guptas en vlieënde olifante
DA soek onafhanklike ondersoek oor Gupta-landing
Zuma glo nie betrokke by Gupta-landing
Gupta-sage: Verslag gaan in parlementêre debat bespreek word
Gupta-uitnodiging opgeblaas
ANC: Gupta-debat gaan nie oor Zuma
Gupta-sage: Agt metropolisie amptelik geskors
Gupta-sage: Indiese Hoë Kommissie bevestig toestemming
Weermag het toe glo toestemming gegee vir Gupta-landing
Gupta-sage: Metropolisielede terug by die werk
Gupta-sage: Familie vra om verskoning, verwelkom ondersoek
Guptas-troue: Hotelgroep ontken “rassisme”
Zuma verwelkom Gupta-ondersoek
Gupta-familie kan dalk ondersoek word
Gupta-fiasko: Nog vier hoës geskors
Gupta: “SA moet dankbaar wees”
Guptas wil glo net wit werkers hê
Gupta-vliegtuig geskuif
Hoë geskors oor Gupta-fiasko
Doeanebeamptes glo nie by Gupta-landing
Foto’s: DA wil Gupta-vervoerreëlings ondersoek
Gupta-troue: SANW glo onbewus van Waterkloof LMB-toestemming
Gupta-gaste mag by Waterkloof LMB land
Guptas reël “bruilof van die eeu”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.