Gupta-sage: Woede oor Zuma se afwesigheid by debat

Pres. Jacob Zuma. Foto: GCIS

“Troetelpappies”, “piesangrepubliek” en “minagting vir die publiek” is van die terme wat opposisiepartye Woensdagmiddag gebruik het om teen die ANC uit te vaar tydens ‘n blitsdebat in die Parlement oor die veelbesproke Gupta-sage.

Al die opposisiepartye was dit eens dat die ANC-regering ʼn beter verduideliking oor die voorval moet bied en dat amptenare in hoë poste moet bedank.

Die ANC is die meeste gekritiseer oor president Jacob Zuma se bande met die invloedryke Gupta-familie, berig eNCA. Zuma het nie die debat bygewoon nie, wat sommige lede van die parlement warm onder die kraag gelaat het.

David Maynier, DA-LP en -woordvoerder oor verdediging, het gesê dat president Zuma in die verlede “nog nooit gehuiwer het om te spog oor sy verhouding met die Guptas nie”.

“Die wortel van die probleem wat tot die Gupta-sage gelei het, is president Zuma. Hy is verantwoordelik dat ʼn kultuur van ‘onbehoorlike invloed’, waarna daar in die ondersoekverslag verwys word, geskep is. Dit is hoekom die president hier in die Parlement verantwoording moes doen in plaas van om in die Uniegebou weg te kruip. Dit is verregaande dat die ondersoek nie enige minister of Zuma self ingesluit het nie,” het Maynier gesê

Die Gupta-sage het begin toe ʼn groot groep gaste van die Gupta-familie in ʼn privaatvliegtuig by die Waterkloof-lugmagbasis geland het, onderweg na ʼn spog troue in Sun City. In die dae wat gevolg het, het die regering toenemende verwarrende verklarings uitgereik oor hoe die landing gemagtig is. Vusi Bruce Koloane, hoof van staatsprotokol, was die eerste regeringsbeampte wat geskors is.

Maynier het Woensdag ook gesê: “Jarelange frustrasie met president Jacob Zuma se troetelpappies, waaronder die Shaiks, Reddys en Gupta, het ontplof. Iets het in die regerende party geknak en selfs Gwede Mantashe moes stappe doen om ʼn verklaring uit te reik dat die Gupta-sage veroordeel woord,” het hy gesê.

Bantu Holomisa, leier van die UDM, het op sy beurt gesê dat die regering se besluit om die voorval te ondersoek, ʼn twyfelagtige besluit was. “Daar was van die staanspoor ʼn algemene korrupte verhouding tussen die familie en die regering. Daar is baie dinge wat nie in die verslag rym nie,” het hy gesê.

Mosiuo Lekota, Cope se leier, het aangevoer die land word gelei deur “gerugte-fluistering” en dat hooggeplaasde leiers dink Suid-Afrikaners het “die geheue van hoenders.”

Joe McGluwa, van die ID, het gesê hy het nog nooit die ANC só verneder gesien nie, en eis dat verskeie ministers se koppe moet rol, want hulle moes van die hele gedoente geweet het.

Koti Dikobo, Azapo-LP, het gesê as Suid-Afrika ’n vrou was, sou die party gesê het die land is verkrag.

Die Mail & Guardian het die volledige verslag op hul webwerf gelaai. Klik hier om dit te sien.

Lees ook:
Gupta-sage: Partye ly aan “verkiesingskoors”, sê ANC
Gupta-sage: Verslag vandag in parlement bespreek
Nuuskommentaar: Kabaal oor vlieënde Guptas en vlieënde olifante
DA soek onafhanklike ondersoek oor Gupta-landing
Zuma glo nie betrokke by Gupta-landing
Gupta-sage: Verslag gaan in parlementêre debat bespreek word
Gupta-uitnodiging opgeblaas
ANC: Gupta-debat gaan nie oor Zuma
Gupta-sage: Agt metropolisie amptelik geskors
Gupta-sage: Indiese Hoë Kommissie bevestig toestemming
Weermag het toe glo toestemming gegee vir Gupta-landing
Gupta-sage: Metropolisielede terug by die werk
Gupta-sage: Familie vra om verskoning, verwelkom ondersoek
Guptas-troue: Hotelgroep ontken “rassisme”
Zuma verwelkom Gupta-ondersoek
Gupta-familie kan dalk ondersoek word
Gupta-fiasko: Nog vier hoës geskors
Gupta: “SA moet dankbaar wees”
Guptas wil glo net wit werkers hê
Gupta-vliegtuig geskuif
Hoë geskors oor Gupta-fiasko
Doeanebeamptes glo nie by Gupta-landing
Foto’s: DA wil Gupta-vervoerreëlings ondersoek
Gupta-troue: SANW glo onbewus van Waterkloof LMB-toestemming
Gupta-gaste mag by Waterkloof LMB land
Guptas reël “bruilof van die eeu”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.