Gupta-uitnodiging opgeblaas

Polisiebeamptes van Noordwes het ʼn uitnodiging van die Gupta-gesin na die veelbesproke spogtroue opgeblaas, omdat hulle gedink het dit was ʼn bom.

Die uitnodiging was gerig aan lt.genl. Merriam Mbombo, die provinsiale kommissaris, het The Star Woensdag berig.

Brig. Thulani Ngubane, ʼn polisiewoordvoerder, het aan die koerant gesê die pakkie het verdag gelyk. “Mbombo het nie die uitnodiging verwag nie. Dit het gelyk of die pakkie drade bevat het, en ons het normale veiligheidsprotokol gevolg,” het Ngubane gesê.

Die pakkie het glo ses versierde silinders bevat wat ondermeer met ingevoerde sjokolade en gedroogde vrugte gevul was.

Twee polisiehonde is ingebring om aan die pakkie te ruik, waarna een van die honde iets verdags bespeur het. “Ons het daarna die polisie se bomeenheid ontbied, waarna die pakkie van kant gemaak is,” het Ngubane bygevoeg.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Gawie Botha ·

Sou hul dan die pakkie opgeblaas het,hoe kan daar dan nou bekryf word wat in die pakkie was,,storie klink nie reg nie,,,,!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.