Guptas ontken rooftog

Atul Gupta

Atul Gupta

Die Gupta-familie het Donderdag ontken dat daar ‘n rooftog by hulle huis in Houghton, Johannesburg, plaasgevind het, maar die polisie in Gauteng dring daarop aan dat dit wel gebeur het.

“Die Sowetan het Donderdag berig dat ‘n huisroof by ‘n familiewoning van die Guptas in Houghton plaasgevind het. Die verslag is verkeerd,” het Gary Naidoo, woordvoerder vir die Gupta-familie, in ‘n e-pos aan Sapa gesê. “Die familie stel dit onomwonde dat nie een van hulle eiendomme beroof is nie.”

Kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder vir die polisie in Gauteng, het egter daarop aangedring dat die nuusberig akkuraat is. “Ek gaan nie enigiets sê teen dit wat hulle sê nie, maar daar was ‘n rooftog by die eiendom in Houghton wat aan die Guptas behoort,” het Dlamini gesê. “Ons het ‘n huishulp in hegtenis geneem. Sy sal Vrydag in die hof verskyn.”

Die huishulp is Woensdag in Benoni in hegtenis geneem, het Dlamini gesê. “Die huishulp is met van die gesteelde ware betrap.” Sy het glo kort nadat drie mans in twee voertuie die huis vroeër die dag beroof het, vermis geraak.

Maroela Media het vroeër berig die mans het glo die tuinier omstreeks 12:00 oorval en geld, huisware en juwele gesteel. Dit is nog nie duidelik aan watter lid van die Gupta-familie die huis behoort nie.

Die huishulp sal Vrydag in die Johannesburgse landdroshof verskyn. Die polisie is nog steeds op soek na die verdagtes.

Lees ook:
Gupta-huishulp vas vir roof

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Trippie ·

Goed, nou wie jok, wat my aanbetref, beide se integriteit kan in twyfel getrek word … waarom ontken as dit wel gebeur het, indien nie, waarom sou die SAPD dit aan die media beken ?

JAVR ·

Een van zumie se vrouens, die dat dit toegesmeer word! En die polisie het nog nie hulle cut gekry nie!

Erich Goosen ·

Kan ‘n mens waaragtig niemand meer glo nie. Elders in die media is berig dat daar al 3 mense in die hof verskyn het weens die voorval.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.